EntertainmentGeneralLifestyleLocal newsNewsSport

Vonkelfees om die draai

Dozi tree Saterdag 2 April by die Vonkelfees op.

Maak ’n groot rooi kring in jou dagboek om jou te herinner aan die Vonkelfees.
Vanjaar word dié fees op 1 en 2 April op Laerskool Panorama se gronde aangebied.
Daar gaan baie kos en ander stalletjies wees, maar stalletjies is beperk so bespreek joune vroegtydig. Stalletjies kos R600 elk.

“Ons gaan die jaar meer aandag gee aan die kinders en hulle kan hulself regmaak vir hope pret met waterkaskenades en springkastele,” het die organiseerders beloof.

Vrydagaand tree die Country-legendes Lance James en Barbara Ray op en Saterdagaand is dit Dozi se beurt.
Vir meer inligting, skakel Sandra Sandra Maritz (koördineerder Vonkelfees): 081 568 1480 of 013 6500 306. Jy kan haar ook epos: Sandra.nhk@web4us.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button