EntertainmentGeneralLifestyleLocal newsNewsSport

Die Ventertjies kom die kitaar slaan by Nashville

Al ooit gewonder hoe klink dit as talent uit sy nate bars?

Die klanke wat Nicola Venter (16) en haar sussie Lindie-Lee (13) se ‘Vlinder Vingers’ oor die kitaarsnare maak, sal daardie vraag sommer gou-gou beantwoord.Op 7-jarige ouderdom het Nicola op ‘n dag die kitaar opgetel, losgetrek en vir haar pa, Hennie (wat self in drie orkeste gespeel het) ‘gewys’ wat sy kan doen.

Toe Lindie-Lee 9 jaar oud was, moes die baskitaarspeler in Hennie se orkes noodgedwonge die groep verlaat. By navraag aan Lindie-Lee of sy sou belangstel om te leer speel en die posisie te vul, het sy net gegiggel en gespeel… sonder enige hulp.
‘n Mens kan nie help om verstom te staan wanneer hierdie kinders se ‘Vlinder Vingers’ oor die snare vlieg nie!
Met nog nie een enkele musiekles agter die blad nie, maak die twee meisies alleenlik op hulle natuurlike aanleg staat, en dááraan is daar geen perke nie!

Nicola kan tans ses- en Lindie-Lee vier instrumente bespeel.
Tydens die opname van hul debuut album ‘Vlinder Vingers’ is hulle herdoop as ‘Die Ventertjies’ en word die melodie kitaar deur Nicola en die baskitaar deur Lindie-Lee getokkel.Die Ventertjies tree op 2 April by Nashville op. Toegang beloop R10 per persoon. Skakel 013 656 1126 of 081 805 3174 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button