GeneralLocal newsNewsSport

Gespaar vir nog ’n jaar

Na Miané op 9 November 2015 byna verdrink het in ’n opslaan swembad by haar ouma se huis kan die hele Ainslie familie sê dat hulle vir nog ’n jaar geseën is met die bondeltjie vreugde.

“My liefste babatjie is ’n volle twee jaar oud vandag,” het Miané se ma, Claudette Ainslie dankbaar gesê.

Na Miané op 9 November 2015 byna verdrink het in ’n opslaan swembad by haar ouma se huis kan die hele Ainslie familie sê dat hulle vir nog ’n jaar geseën is met die bondeltjie vreugde.

Miané het haar tweede verjaarsdag saam haar familie geniet op 27 Maart, “haar ouma “Goggie” het vir haar die mooiste koek gebak,” het Claudette verder gesê.

Al was die afgelope maande bitter moeilik vir die familie het hul net bly glo en dat Miané ’n regte vegtertjie is, het baie bygedra tot haar herstel.

“Ek het nog nie vir een dag opgehou glo dat Miané volkome sal genees nie,” het haar ma gesê.

CV290brs
Die pragtige koek wat vir Miané se tweede verjaarsdag gebak is.

WITBANK NUUS het vroeër berig dat Miané gegaan het om ’n PEG (Perkutane Endoskopiese Gastrostomie) buis te kry en die proses was ’n sukses.

“Alles gebeur soos dit moet en hier sit ons en vier nog ’n jaar van haar lewe,” is daar dankbaar gesê.

Die sosiale-blad wat gestig is vir Miané het oorvloei met gelukwense aan die wonderwerk dogtertjie.

“Dankie aan almal vir Miané se verjaarsdagwense. Ons waardeer elke boodskap almal en is opreg dankbaar vir God dat hy ons seën met mense soos die gemeenskap van eMalahleni,” het Claudette gesê.

Soos die gemeenskap van eMalahleni reeds weet, is daar ’n fonds gestig om Miané se hospitaalrekening te help delg.
Fondse kan direk in Life Kosmos Hospitaal se rekening inbetaal word. Bankbesonderhede is as volg: FNB, Life Cosmos Hospital, tjekrekening: 54300040646, takkode 270250, verwysing: 443792 Ainslie. Faks asb bewys van betaling aan: 086 686 8812.

“Ek sê oor en oor dankie, maar dit sal nooit genoeg dankies wees vir alles wat die gemeenskap vir ons Ainslie familie doen nie.

Ek weet net dat al hierdie mense ons moeilike pad saam ons stap en baie dankie vir dit,” het Claudette ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button