Bok-en-Biltong en seën vir eMalahleni

’n Getekende rugbybal is opgeveil en deur Jacques van Dyk gekoop vir R15 000. Gert Smith, van Manne van die Woord, het ook ’n R10 000 donasie gegee wat alles aangewend gaan word vir weeskinders in die stad.

God was die eregas tydens die Bok-en-Biltong-aand wat verlede week plaasgevind het.

Die Bok-en-Biltong-aand is op 17 Maart by The Venue by The Ridge aangebied deur Manne van die Woord en die drie rugbyspelers wat die aand saam met die 550 gaste deurgebring het was Ollie le Roux, Lappies Labuschagne en Ruan Combrinck.

Jacques van Dyk het R15 000 vir ’n getekende rugbybal betaal tydens die Bok-en-Biltong-aand. Al die fondse wat tydens die funksie geïn is gaan aan weeskinders in die stad.

Die seremoniemeester was Dawie Spies wat die lekker gesels met die spelers gelei het.

Ollie, Ruan en Lappies het ’n bietjie van die geheime uitgelap wat in die binnekringe van die spel gebeur, maar dit was hul getuienis oor wat Jesus in hul lewens gedoen het, wat harte aangeraak het.

Ollie le Roux en Dawie Spies tydens die Bok-en-Biltong-aand wat op 17 Maart plaasgevind het.

’n Getekende rugbybal is opgeveil en deur Jacques van Dyk gekoop vir R15 000. Gert Smith, van Manne van die Woord, het ook ’n R10 000 donasie gegee wat alles aangewend gaan word vir weeskinders in die stad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version