Miané is sterk op pad na genesing

Sy is ’n vegter soos min met haar groen ogies wat tyd tot tyd die beweging van haar ma, Claudette stiptelik volg.

Sy is ’n vegter soos min met haar groen ogies wat tyd tot tyd die beweging van haar ma, Claudette stiptelik volg.
Na vier maande vandat die tweejarige Miané Anslie op 9 November byna verdrink het by haar ouma se huis, bly dit net goed gaan vir die Anslie-familie.

WITBANK NUUS het vroeër berig dat Miané sal gaan om ’n PEG (Perkutane Endoskopiese Gastrostomie) buis te kry. Dit is ’n proses waarin ‘n buigsame voedingbuis deur die buikwand en in die maag geplaas word. Dit laat voeding, vloeistowwe en medikasie direk in die maag vloei sonder om gebruik te maak van die mond en slukderm.
Op Vrydag 4 Maart het Miané en haar ma, Claudette na ’n maand se wag uiteindelik die pad aangedurf na Pretoria.

“Miané is die oggend so 10:00 in teater in en net na 13:00 weer uit. Die dokters was baie tevrede na die operasie,” het Claudette gesê.

Die dag na die operasie het Miané nog baie seer gehad maar alles het steeds goed verloop. Die dokters het toe bevestig dat die voeding gaan begin. “Ons moet begin met klein bietjies op ’n slag maar sy doen so goed,” het haar ma verder gesê.


Miané het op 5 Maart vir ’n PEG (Perkutane Endoskopiese Gastrostomie) buis gegaan en alles het goed verloop.

Die Anslie gesin begin al hoe meer vreugde ervaar in hul huis met die wonderwerk wat plaasvind met hul dogter, niggie en kleinkind maar tog ook kommer oor die mediese uitgawes. Soos die gemeenskap van eMalahleni reeds weet van die fonds vir Miané kan enige iemand wat bereid is om ’n fooi te las vir die hospitaal rekening dit direk in Life Kosmos se rekening inbetaal.

Bankbesonderhede is as volg:

FNB, Life Cosmos Hospital, tjekrekening: 54300040646, takkode 270250, verwysing: 443792 Ainslie. Faks asb bewys van betaling aan: 086 686 8812.

“Al wat ek kan se is dat ek so opreg dankbaar is vir elke liewe mens se gebede, raad en advies, hulp en bystand op hierdie pad wat ons stap.
Elkeen van hierdie wonderlike persone word innig waardeer. Ek weet van hier af gaan dit net verbeter want Miané doen klaar so goed,” het haar ma met volle trots gesê.

LEES OOK:

Dogtertjie 1 verdrink byna
‘Geloof het Miane huistoe gebring’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version