Gewapende mans dring neer op geld by munisipaliteit

Gewapende mans het toegesak op die munisipale bestuurder, Theo van Vuuren.

Gewapende mans het toegesak op die munisipale bestuurder, Theo van Vuuren.
Op Woensdag 2 Maart was die Munisipaliteit van Emalaheni vol inwoners wat hul rekeninge betaal en hul gewone navrae gedoen het.

Drie onbekende mans het die gebou binne gestap en reguit na die finansiële direktoraat gegaan.
Die verdagtes het met ’n tender dokument van R1.5 miljoen probeer eis.
Na ondersoek ingestel was het hulle agtergekom die tender dokument was vervals en die mans weggewys. Hulle het toe aangedring om Van Vuuren te spreek.


Mnr. Theo van Vuuren is veilig na drie gewapende mans op 2 Maart voor sy kantoor gearresteer is.
In die proses het hulle die mans na van Vuuren toe verwys asook die sekuriteit in kennis gestel van die verdagte mans.

“Op pad na my kantoor is hul voor my deur gekeer deur die sekuriteit waar hulle deursoek was,” het Van Vuuren gesê.

In die proses het die sekuriteit afgekom op wapens aan die mans en dit verwyder.
Die SAPD is dadelik op die toneel ontbied en die verdagtes is aan die polisie oorgegee.

“Die saak is na die kommersiële eenheid vir verdere ondersoek verwys”, het van Vuuren ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version