Twee dood na taxi op N12 rol

Die N12 het nog twee lewens geëis na ’n taxi-ongeluk verlede week.

Die N12 het nog twee lewens geëis na ’n taxi-ongeluk verlede week.
Op Vrydag, 22 Januarie omstreeks 03:00 het ’n taxi wat op die snelweg onderweg was, gerol. Van die 16 insittendes is twee mense op die toneel dood verklaar en 12 ander beseer.


Die taxi wat Vrydag 22 Januarie op die N12 gerol en twee lewens geëis het.

Volgens ER24 se woordvoerder, Chitra Bodasing was die taxi oppad van Maputo in Mosambiek na Johannesburg toe hy sowat 12 kilometer buite eMalahleni gerol het.
Twee vrouens in hul laat 30’s is op die toneel dood. Een van die vrouens was die ma van ’n sewe-jarige seuntjie wat ook op die toneel was.
Elf van die 14 ander insittendes is ernstig beseer en die ander vier het geringe tot matige beserings opgedoen.

“Toe ek op die toneel kom het ek net mense oral sien sit en lê, waggend vir mediese hulp,” het Bodasing ook bygelas.

Al die beseerdes, insluitend die taxi-bestuurder, is dadelik vervoer na die naaste hospitaal.
Dit is nog nie bekend wat met die sewe-jarige seuntjie gebeur het na die ongeluk nie omdat die twee oorledenes nog nie geïdentifiseer was voor druktyd nie.

Exit mobile version