Gelukkige einde na voertuig gesteel is

Die Toyota Quantum wat gesteel is in ’n kaping is veilig terug by sy eienaar besorg.

Die Toyota Quantum wat gesteel is in ’n kaping is veilig terug by sy eienaar besorg. Op Donderdag, 14 Januarie was die slagoffer onderweg na eMalahleni, vanaf Vosman met sy minibus taxi.

Hy het by drie mans gestop wat gevra was om in die dorp afgelaai te word. Hulle het hom na bewering met R20 elk betaal en hy het by ’n vulstasie gestop om kleingeld te kry, aangesien hy nie gehad het nie. Een van sy vriende wat saam hom was, het in die kiosk ingegaan om vir kleingeld te vra. Daarna is die slagoffer gevra om by die Pretoria ryloop-punt afgelaai te word. Toe hulle hier aankom het die verdagtes nie uitgeklim nie, maar eerder ’n vuurwapen in hul rigtings gewys en die slagoffers was aanbeveel om plat te lê in die taxi. Terwyl hulle in die taxi gelê het, het die slagoffers geluister na die gesprek tussen die verdagtes. Na bewering het dit geklink of hulle planne maak om iemand te ontmoet.

Die slagoffers is aanbeveel om hul klere uit te trek en dit by die Balmoral-afdraai uit te gooi. Die taxi is teruggekry by die Siybuswa Polisiestasie. Dit is onbekend wie die taxi teruggekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version