‘Total’ chaos

’n Kassier is by ’n vulstasie aangehou deur vier gewapende mans in die vroeë ure van die oggend.

’n Kassier is by ’n vulstasie aangehou deur vier gewapende mans in die vroeë ure van die oggend.
Terwyl die meerderheid van eMalahleni se inwoners salig aan die slaap was op Maandag, 18 Januarie om 02:00 het chaos uitgebreek by die nuwe, opgeknapte Total vulstasie in Kiepersolstraat.

“’n Man het ingestap en hy het kos gesoek toe ek nader stap om hom te help het hy sy hemp opgelig en ’n geweer uitgehaal,” het die geskokte me. Sesi Mavuso gesê.

Sy was op diens toe die voorval gebeur het.
Sy beweer nadat die eerste verdagte sy wapen op haar gerig het dat nog ’n verdagte in die winkel ingekom het met ’n wapen.

“Hulle het met mekaar gepraat en die een verdagte het aan die ander een gesê dat hy die kasregister moet gaan leegmaak en dat hy my sal dophou dat ek nie ontsnap nie,” het Sesi ook gesê.

Terwyl die een booswig besig was om die kontant te vat het Sesi twee ander mans by die deur gewaar.

“Die mans het gelyk of hulle net daar staan en wag vir kwaad”.

Die vier verdagtes het weggekom met R2 000 kontant. Sesi is gelukkig ongedeerd gelaat.
Al vier die mans was glo gewapen en die vulstasie het ongelukkig geen videomateriaal van die roof nie.

“Dit was vroeg in die oggend en ek was moeg, maar na die voorval was ek wawyd wakker en baie bang,” het sy gesê.

Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie maar die polisie ondersoek die saak deeglik.

“Dit is deesdae gevaarlik vir enige iemand om daardie tyd van die oggend te werk, maar ek is net dankbaar hulle het niks skade aan my ma gedoen nie,” het die slagoffer se dogter, Bongekile Mavuso ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version