Local newsNews

Broodnodige water vir die Vrystaat

Die inwoners van eMalahleni het ingespring en water begin insamel vir die dorre Vrystaat.

Die inwoners van eMalahleni het ingespring en water begin insamel vir die dorre Vrystaat.
Op Maandag, 4 Januarie het die Water Shortage of South Africa (WSSA) vir An-Li Willemse gekontak en vir haar gevra of sy die verspreidingspunt kan wees vir eMalahleni. Sy het dadelik weggespring en op sosiale media boodskappe gestuur wat vra vir water.

Mc379-2rs
Net ’n handvol van die water wat ingesamel is vir die Vrystaat, is op Maandag, 11 Januarie by eMalahleni se aflaaipunt opgetel om vanaf Bloemfontein versprei te word.

In een week, het die stad se mense ongeveer 5 500 liter water by haar afgelaai. Op Maandag, 11 Januarie het die trok vanaf Nelspruit gery om die water te kom haal, en dit word dan na Bloemfontein geneem. Van daar af word dit versprei na die boere en dorpe in nood.

“Solank as wat hulle vir my sê hulle het water nodig, so lank sal ek dit bymekaar maak,” het An-Li gesê.

Sy maak steeds water bymekaar, en sy kan gekontak word op 083 469 5258 vir verdere inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button