Witbank Geloftefees nou by Hoërskool Generaal Hertzog

“Belangstellendes word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid te kom bywoon

Witbank Geloftefees verrigtinge skuif hierdie jaar na Hoërskool Generaal Hertzog.

“Belangstellendes word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid te kom bywoon en lof en eer aan ons Hemelse Vader te bring en opnuut ons geloof en vertroue in God Drie-enig te stel,” het organiseerders genooi.

Op Woensdag 16 Desember, Geloftedag, kan inwoners die Geloftefees verrigtinge om 09:00 by Hoërskool Generaal Hetzog bywoon. Die prediker by die geleentheid is ds. Louis Cloete van die NG Gemeente Klipfontein. Die spreker na afloop van die erediens is mnr. Willie Spies van Hurter en Spies Prokureurs in Pretoria. Willie is bekend vir verskeie hofsake waarin hy Afriforum suksesvol bygestaan het. Hy ken sy geskiedenis en het altyd interessante inligting wat hy met feesgangers en jeug deel.

Na afloop van die verrigtinge word die feesgangers uitgenooi om saam te kuier en ’n lafenis te geniet. Die kuier rondom heerlike boereworsbroodjies wat beskikbaar sal wees is een van die hoogtepunte. Verlede jaar was daar lank en gesellig saam gekuier.

Die sekretaris, mnr. Leon Viviers kan vir enige navrae by 082 894 5755 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version