Wandeling deur die winkel voor hy steel

’n Koffiewinkel is helder oordag deur ’n dief deurgekyk voordat hy gevat het wat hy wou en daarmee op die vlug geslaan.

’n Koffiewinkel is helder oordag deur ’n dief deurgekyk voordat hy gevat het wat hy wou en daarmee op die vlug geslaan.

Op Saterdag, 5 Desember om 14:00 is die eienaar, me. Magduld van Eeden van die koffiewinkel, Rig Rag in kennis gestel dat daar by haar winkel ingebreek is. Mnr. Christo Joubert, Magduld se metgesel het met haas uitgery na die koffiewinkel waar hy afgekom het op kameradrade wat gehang het bo ’n venster wat toegestoot was.

“Toe ek in die winkel kom het ek dadelik gesien ons is besteel,” het hy gesê.

Gelukkig het die kamera’s in verskeie vertrekke die hele gebeurtenis afgeneem.
Op die beeldmateriaal wat WITBANKNUUS gesien het, word daar duidelik gesien hoe die verdagte inkom. Daar word ook gewys dat die man eers deur die winkel gewandel het voor hy die plek besteel het.


Slim vang sy baas toe ’n dief gevang word

“Die booswig het die vermetelheid gehad om reguit na die koeldrank yskaste te loop en vir hom ’n koeldrank vir die pad te vat,” het Christo ook gesê.

Die video het duidelik gewys hoe die verdagte in die laaie by ontvangs krap, in die speelgoedkamer twee handgemaakte sakke vat en toerusting begin vat en inpak.

“Dit was ’n kwessie van 10 minute toe is alles gevat en hy al op vlug,” het Christo briesend bygelas.

Die rower is weg met goedere ter waarde van R15 000 onder andere, ’n televisie, twee DVD spelers, rekenaarboks en die ontvangs se kamera.
Met konkrete bewyse het Christo hulp van die polisie gekry.
Insp. Jock van der Westhuizen en sy span het Maandag, 7 Desember by die winkel ondersoek ingestel en vingerafdrukke geneem.

“Hulle het mooi afdrukke gekry en is toe terug stasie toe,” het Christo gesê.

Daardie middag het die polisie weer op die toneel verskyn en ’n verdagte in hegtenis geneem.
Op Dinsdag was daar ’n uitkenningsparade om te bepaal of dit werlik die verdagte is.

Daar word beweer na die verdagte ondervra is deur die polisie en dat hy die bewerings erken het. Hy het die polisie glo na ’n plakkerskamp oppad na Hendrina geneem om die gesteelde goedere te oorhandig.
Die verdagte het nog nie in die hof verskyn nie.

“Die vingerafdrukke lyk op die oog af presies dieselfde. Maar ons moet wag vir die polisie se terugvoer voor ons aantuigings kan maak,” het Joubert ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version