CrimeNews

Rowers is duisende rande ryker

Die ‘onderdorp’ het nog slagoffers geeïs met rooftogte verlede week.

Die ‘onderdorp’ het nog slagoffers geeïs met rooftogte verlede week.

Op Donderdag, 19 November was me. Melinda van der Westhuizen en haar vriendin by die lisensiekantoor. Nadat hulle moes huis toe gaan vir ’n bewys van betaling, het hulle besluit om eerder ’n staat by die bank te trek.

“Dit was vir ons makliker as om al die pad huistoe te gaan. Ons was oppad om in die kar te klim na ons by die bank was, toe hulle ons van agter af ‘tackle’. Hulle het my handsak gegryp, met my bankkaart in, my lisensie en ook my beursie met ’n paar duisend rand daarin,” het sy vertel.

Sy het ook gesê dat sy nie in die voorval beseer is nie, maar haar arm is wel blou.

“My man sê ook, my lewe is ten minste gespaar,” was Van der Westhuizen van dankbare woorde.

In nog ’n voorval op dieselfde dag het mnr. Ayanda Gigaba in die Metropolitan Sentrum geloop, op soek na iemand wat aan hom ruitveërs kan verkoop.

“’n Groep van ongeveer 40 mans het my toegesak. Hulle het my begin aanrand en my met klippe geslaan. My hemp was geskeur, ek moes na die naaste winkel gaan en vir my ’n nuwe hemp gaan koop,” het hy gesê.

Hy het ook vertel dat hy sy vuurwapen in sy sak gehad het, wat in die aanval uitgeval het.

“Mense het my kom help en ook die aanval tot ’n stop probeer sit. My beursie is gesteel met al my geld daarin, my vuurwapenlisensie was ook daarin en so ook al my kaarte,” het Gigaba die gebeure herroep.

Hy het ook aan die Vosman Polisie gesê dat hy drie van die verdagtes kan uitken.

“Hulle het my belowe dat hulle my sal kontak,” het hy ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button