Help Miané met bydraes, ma se pleit

"Ons kan nie genoeg dankie sê nie."

Miané Ainslie (1) wat onlangs byna verdrink het, verkeer steeds in ’n koma, maar wys elke dag vordering.
Sy is steeds nie wakker nie, maar sy maak bewegings en hou haar mamma se hand vas en druk.

“Vandag kon haar ma, Claudette haar bietjie vashou,” het Claudine Greyling op Facebook vertel oor Miané se vordering.

Miané se mamma is ’n enkelouer en het geen medies nie dus kan sy nie alle onkostes wat nou op R223 767 staan self dek nie.


Miané kort die gemeenskap se hulp.

Daar word gevra, indien enige iemand wat ’n skenking wil of kan maak vir die hospitaalrekening dit direk oorbetaal kan word in Life Cosmos se rekening in. Bankbesonderhede is as volg: FNB, Life Cosmos Hospital, tjekrekening: 54300040646, takkode 270250, verwysing: 443792 Ainslie. Faks asb bewys van betaling aan: 086 686 8812.

“Dankie vir elke een se gebede, ondersteuning, belangstelling en vir elke geldelike bydrae. Julle weet nie wat dit vir ons beteken nie. Ons kan nie genoeg dankie sê nie. Ons loof en prys die Here vir als wat Hy vir ons doen en vir elke persoon wat hy oor ons pad stuur,” het Claudette ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version