Grobler moord, driestuks verskyn in Januarie

Om en by ’n jaar nadat mnr. Antonie Grobler in sy meenthuis vermoor is, gaan ’n akte van beskuldiging op sy vermeende moordenaars beteken word.

Om en by ’n jaar nadat mnr. Antonie Grobler in sy meenthuis vermoor is, gaan ’n akte van beskuldiging op sy vermeende moordenaars beteken word.

Wanneer die driestuks weer op 13 Januarie in Witbank Landdroshof verskyn gaan hulle hoor op watter klagtes hulle teregstaan. Elke beskuldigde sal dan ’n afskrif van die akte kry. Ook dan sal ’n datum vir hul hooggeregshof verskyning bekend wees. As die drie verdagtes in die hooggeregshof verskyn sal hulle kans kry om te pleit.
Die hofsaak het al ’n lang pad gestap na die moord op Grobler op 6 Januarie vanjaar. Grobler is 13 keer in die bors gesteek.

Die verdagtes het toegang tot Grobler se huis gekry deur die motorhuis. Sy klankstelsel en silwer Hyundai Atos is van die gesteelde goed wat aangemeld was.

Toe die Hyundai Atos in Springs teruggekry is, het die ondersoek ’n ander wending geneem.
Die polisie het begin soek na me. Sarie Swanepoel se seun. Swanepoel het saam met Grobler gebly, maar het ’n week voor sy dood uitgetrek nadat hulle verhouding nie uitgewerk het nie.

Swanepoel het haar seun en die tweede verdagte in Springs gaan optel toe hy gebel en haar gevra het vir geld vir kos.
Sy het hulle oorreed om saam met haar terug te kom eMalahleni toe. By ’n plaaslike motorhawe het die polisie hulle ingewag en die twee gearresteer. ’n Derde verdagte is kort daarna gearresteer.
Die verdagtes se name word weerhou omdat hulle nog nie gepleit het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version