Local newsMunicipalNews

Gevaarlike eilande nie gemerk

Dit is gevaarlik, aangesien dit meestal onsigbaar is in die aand

In OR Tambostraat, voor die kruising met Gordonstraat toon is daar geen waarskuwingsborde wat dui op ’n eiland in die pad nie.

Mc303rs
Die eiland in OR Tambostraat wat nie ’n waarskuwingsteken op het nie.

Dit is gevaarlik, aangesien dit meestal onsigbaar is in die aand. In OR Tambostraat vertoon nog ’n eiland gevaarlik oorkant Timber City. Die eiland wat twee bane van die enkelbaan skei, is nie gemerk nie.
Drie mense het hul lewens verloor in ’n ongeluk, op 16 Oktober weens die feit dat geen waarskuwingstekens bestaan nie.

Die Bethal/Kriel- pad, vanuit eMalahleni, het ook ongemerkte eilande. Dit is hier waar die bogenoemde ongeluk plaasgevind het.

“Ek sal gaan kyk na hierdie area’s en met die nodige mense in kontak kom,” het mnr. Lebohang Mofokeng, woordvoerder van die eMalahleni Munisipaliteit gesê.

Back to top button