CrimeNews

Ingebreek met ander motiewe

Op Woensdag, 14 Oktober omstreeks 02:00 het me. Poligie Vilakazi wakker geskrik van ’n vreemde geluid.

’n Inbraak was die gevolg van ’n verdagte wat met ander motiewe ’n huis besoek het.

Op Woensdag, 14 Oktober omstreeks 02:00 het me. Poligie Vilakazi wakker geskrik van ’n vreemde geluid.
Sy het met die eerste flikkering van die ligskakelaar ’n onbekende man voor haar gesien. Hy het ’n vuurwapen na haar gewys en vir haar gesê dat sy net moet stil bly. Hy was na bewering opsoek na haar kamermaat wat die aand nie tuis was nie. Hy het vir Vilakazi gesê dat hy en haar kamermaat ’n ongedane ooreenkoms het.

Sy het hom ingelig dat haar kamermaat nie daar is nie en hy het twee selfone gevat op sy pad uit. Die verdagte het vir haar opdrag gegee om deur die venster te klim om uit die huis te kom. Voordat hulle die venster bereik het, het hy vir haar die vuurwapen gewys en gesê: ‘Dit is ’n regte geweer.’

Volgens die polisieverslag, beweer Vilakazi dat die verdagte eerste by die venster uitgeklim het. Met die het die asblik geval en hy het weggehardloop.
Die saak word steeds ondersoek deur die Witbank Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button