Huis word weggedra weens geen krag

Al me. Hough se probleme het begin toe sy haar huis in Jackaroopark uit verhuur om te verhuis Malelane.

Om ’n eiendom te besit is ’n belegging, maar in Me. Rina Hough se geval het haar belegging verander in hope skuld.
Al me. Hough se probleme het begin toe sy haar huis in Jackaroopark uit verhuur om te verhuis Malelane.


Rina Hough se voordeur van haar huis is al verwyder omdat daar geen krag is nie en die huis leeg staan.

“Die huurders het pleinweg nie huur of krag betaal nie en het my net skade en skuld aangedoen,” het Hough ontsteld gesê.

Die huurders het oornag uitgetrek en Hough gelos met al die nagevolge, haar uitstaande krag rekening het opgehoop tot R30 000 en die munisipaliteit het die krag afgesit.

“Ek het maar elke maand begin afbetaal aan die rekening en ook geweet ek gaan ’n fooi moet betaal om die krag weer aan te sit,” het sy bygevoeg.

Dit het begin lyk dat al haar probleme opgelos is toe ’n moontlike koper haar genader het om die huis te koop. Die enigste voorwaardes voor die koop deur gaan het was dat die krag weer aangesit moes word.
Na Hough ’n fooi van R2 700 aan die munisipaliteit betaal het om die krag weer aan te sit, het die huis steeds geen krag gehad nie.


Selfs kombuiskaste en matte word uit die huis verwyder in die leë huis.

As gevolg van die eiendom wat nie krag het nie en leeg staan het rondlopers die huis begin plunder en het die kopers onttrek,

“hulle het al my voordeur af en my kombuiskaste verwyder, as dit so moet aangaan is my huis een van die dae gestroop.”

Verskeie oproepe is al aan die Emalahleni Munisipaliteit gemaak maar tevergeefs,

“al wat die munisipaliteit doen is om my elke keer te verwys na iemand anders toe.”

“Ek is hartseer want ek skuld niks meer op die huis nie, nou moet ek in iemand anders se skuld lewe terwyl ek baklei om die probleem op te los,” het me. Hough ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version