Local newsNews

Mislukte kaping verander in skietgeveg

’n Man in ’n wit Mercedes het ’n noue ontkoming gehad toe twee vermeende kapers hom met ’n geweer genader het en met hom en sy voertuig gevlug het die afgelope week.

’n Man in ’n wit Mercedes het ’n noue ontkoming gehad toe twee vermeende kapers hom met ’n geweer genader het en met hom en sy voertuig gevlug het die afgelope week.

Op 25 September net na winkels oopgemaak het vir ’n dag se werk is ’n man in Plumberstraat gekaap deur twee mans. Daar word beweer dat die die slagoffer oppad was om ’n pakkie te gaan aflewer toe twee mans uit die bloute direk op hom afgeloop, ’n vuurwapen op hom gerig het en beveel het dat hy sy kardeure moet oopsluit.
Soos die twee verdagtes in die voertuig geklim het, het die bestuurder suutjies die paniekknoppie gedruk. Die twee verdagtes het toe glo aangedring dat die man moet wegry. Hulle het hom gelei tot op die Ogiespad waar hulle hom beveel het om uit die voertuig te klim, waar hy na die naaste bos gehardloop het.

CV86rs1
Plumberstraat waar ’n man gekaap is op 25 September.

Daar word ook beweer toe die slagoffer in die bosse inhardloop dat daar geweerskote agter hom afgegaan het, soos die slagoffer weer op die hoofpad gekom het, het hy gesien dat daar skote tussen sekuriteitswagte en die verdagtes vlieg.

Niemand is nog met verband van die voorval in hegtenis geneem nie maar die polisie ondersoek die saak veder.
Kaptein Eddie Hall, polisiewoordvoerder van Witbank Ppolisie het ten slotte gesê,

“ons geweld en misdaad taakspan is besig om hierdie kapings noukeurig te ondersoek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button