Jannie is TUT se beste student

Jannie Brits het sy nasionale diploma vir Meganiese Ingenieur (cum laude) verwerf.

Jannie Brits het sy nasionale diploma vir Meganiese Ingenieur (cum laude) verwerf. Sy gradeplegtigheid het op 22 September plaasgevind. Met al sy onderskeidings is hy aangewys as die Tshwane Universiteit van Tegnologie se beste student vir 2015.

Hy is ook deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Meganiese Ingenieurs erken en het ’n sertifikaat en kontantbonus ontvang. Eskom het Jannie genomineer om in die Eskom Voorsitter-toekenning mee te ding vir Suid-Afrika se student van die jaar.

Jannie was ’n leerder van Hoërskool Generaal Hertzog.

Exit mobile version