MunicipalNews

So lek die water weg

”Dit het al ’n ruk terug begin handuitruk want miljoene liters water gaan hier verlore en dis asof niemand omgee nie,”

”Waterpype wat lek het glo gelei tot waterverliese van R1,1-miljard in die afgelope finansiële jaar” het Maroela Media beweer in ’n artikel.

Die afgelope twee jaar vra die plaaslike inwoners van Klarinet om hulp dat daar drasties iets aan die waterpype wat lek gedoen moet word.

CV79ars
Waterpype wat gelei het tot slaggate op die Klarinet-pad.

“Hierdie probleem is al op verskeie geleenthede gerapporteer aan ons plaaslike munisipaliteit, maar niks word gedoen nie, daar word verskeie probleme ondervind op die Klarinet-pad. Ek raak die pyp lekke aan want dit is ’n vermorsing van water en niemand doen iets aan dit nie. Ek was wel op Theo van Vuuren se Facebook gewees maar is ‘delete’. Ons het die afgelope tyd weer water na ek gedreig het om die aangeleentheid aan Afriforum bekend te maak. Die boodskappe waar ek aan Theo gerapporteer het van die water lekke het ek verloor toe ek ‘delete’ is,” het die raadop inwoner gesê na menige boodskappe aan die waarnemende munisipale bestuurder, Mnr. Theo Van Vuuren.

Hierdie vloeiende waterpype het ook gemaak dat die pad begin inval het op party plekke wat lei na ongelukke op die pad.

CV79brs
Van die waterpype wat al byna twee jaar lek.

”Dit het al ’n ruk terug begin handuitruk want miljoene liters water gaan hier verlore en dis asof niemand omgee nie,” het die inwoner bygelas.

So word elke probleem uitgewys wat plaasvind op die Klarinet pad en ook onder andere boodskappe wat gerig is aan mnr. Ben Botes en Van Vuuren dat daar ook onwettige water tappings vanaf die hooflyn deur die plaaslike inwoners se area loop.

CV79crs
Talle boodskappe wat gerig is om die probleem aan te meld.

Terugvoer van die woordvoerder van Emalahleni Munisipaliteit, mnr. Lebo Mofokeng is nog nie bevestig nie, maar Van Vuuren se kommentaar was:

“Sal opvolg met die span wat die saak hanteer en terugvoering gee so gou as moontlik.”
Die inwoner het ten slotte gesê “Ek is nie hier om enige iemand of stadsraad aan te val nie, maar rapporteer probleme om hulle werk makliker te maak want ons is hulle oë in die dorp”.

Check Also
Close
Back to top button