Rowers wat baie rook, gesoek

Beeldmateriaal wys hoe die rowers die gerieflikheidswinkel inkom, vuurwapens op die kassiere rig en hulle aansê om plat te lê.

Die Trio-taakspan is opsoek na vier verdagtes wat verlede maand ’n motorhawe beroof het.
Die verdagtes het die gerieflikheidswinkel in die Sasol Garage in Diederickstraat op 25 Augustus om 18:45 beroof.
Beeldmateriaal wys hoe die rowers die gerieflikheidswinkel inkom, vuurwapens op die kassiere rig en hulle aansê om plat te lê.


Dié verdagtes word gesoek na ’n rooftog op 25 Augustus.

Die verdagtes wat Zoeloe praat het hulself met kontant en sigarette gehelp. Die waarde van die sigarette is R4 800.
Dit was egter nie hul enigste buit nie. Toe hulle die winkel verlaat het hulle ’n kliënt van sy voertuig geroof. Die voertuig is later die aand naby Old Coronation gevind.

As jy en van die verdagtes herken skakel die Trio-taakspan: 083 879 5271.

Sien die video hier:

Exit mobile version