CrimeNewsSchoolsUpdate

Saak teen leerders word verder ondersoek

Die saak van aanranding en roof teen twee leerders van ’n plaaslike skool, word nog ondersoek.

Die saak van aanranding en roof teen twee leerders van ’n plaaslike skool, word nog ondersoek.

Die twee minderjarige leerders is Vrydag 14 Augustus gearresteer na ’n voorval waartydens hulle glo twee medeleerders aangerand en beroof het.

Die voorval het omstreeks 13:45 net om die draai van die skool plaasgevind.
Die twee slagoffers is op pad huistoe deur ’n groep seuns aangeval en van onder andere hul selfone beroof.
Lede van die publiek het die aanval gesien, gestop en die groep seuns het weggehardloop. Hulle het egter daarin geslaag om twee van die verdagtes te arresteer.

Dis nou al die derde week na die voorval en tot op hede het mnr. Jasper Zwane van die Departement van Onderwys nog nie op enige boodskappe van WITBANK NUUS oor die voorval gereageer nie.

Die twee slagoffers is onderskeidelik 15 en 16 jaar oud.
Al die leerders se name word weerhou omdat hulle minderjarig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button