CrimeNews

Dwelms weg op strate maar in by tronke

Ten spyte van die ernstige groeiende tendens in dwelmhandel in die stad ontsien die polisie hier geen moeite om hierdie booswigte in hul spore te stuit nie.

Ten spyte van die ernstige groeiende tendens in dwelmhandel in die stad ontsien die polisie hier geen moeite om hierdie booswigte in hul spore te stuit nie.

Die afgelope week is daar weer talle arrestasies gemaak vir die besit en handel van dwelms in eMalahleni.
Wyl ’n konsabel van Witbank Polisie besig was om sy rondte te doen om die dorp ’n beter en veiliger plek te maak vir die gemeenskap het hy ’n verdagte man sien rondstaan, hom benader en deursoek. Daar is beslag gelê op R2 200 se waarde van dwelms en die man is dadelik in hegtenis geneem.

Die polisie het nog ’n verdagte gearresteer na ’n klagte wat deur ’n inwoner gelê is van dwelm handeldryf in Tasbetpark, Uitbreiding 1. Die verdagte het glo rondgewandel deur die buurt se strate toe ’n inwoner dadelik die polisie ontbied het. Daar is ’n waarde van R2 000 se dwelms gekonfiskeer en die verdagte is in hegtenis geneem.
Maar dwelms stop nie net op straat nie,daar is die afgelope week ook ’n arrestasie gemaak in die plaaslike gevangenisdienste.

Die sekuriteitswag wat op diens was het verby ’n klomp gevangenes wat saamgedrom het gepatrolleer toe een van die oortreders die groep verlaat en op sy eie aanstap. Die sekuriteitswag het verdag geword en by die volgende deurgang die gevangene gestop en deursoek waar hy op ’n pakkie wat toegedraai was in bruin papier afgekom het, dit is bevind dat daar dagga in was. Daar is ’n klag van dwelmbesit geopen en verdere ondersoek word deur die polisie hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button