FeaturesLifestyleNewsSchools

Die lewe is ’n lied en Schublie ken die woorde

Schublie wou net beter en groter gegaan het met sy sang hoe ouer hy geword het en het sy stem ‘n paar keer laat hoor op die verhoog met Generaal Hertzog se skool produksies

“Die lewe sonder musiek sou ’n groot fout gewees het” was Schublie Fourie se woorde toe hy gevra is hoe hy voel oor musiek.

Die matriek seun van Generaal Hertzog betoor nie net meisies met sy nagtegal stem nie maar presteer al jare lank in musiek en sang. Die sing gogga het hom in graad een gebyt toe sy koor juffrou van Laerskool Kragbron potensiaal sien en hom begin inskryf het vir die Artuim Kunsfees, waar hy as algehele wenner van die sang katogorie aangekondig is op die ouderdom van 10, dis hier waar sy ma hom volheid begin ondersteun het in sy passie vir musiek en sang, sy het hom toe ingeskryf by Witbank Arts Campus waar Marie Lombaardt hom onder die vlerk geneem het en hom geleer het dat musiek en sang uit meer bestaan as net ’n liedjie sing, Marie het bygevoeg

“Ek kan nie beskryf hoe sy stem van iets kleins tot in ‘popster’ gehalte verander het nie, sy stem het defenitief gegroei en hy kan verskeie genres aanpak.”

Schublie het begin deelneem aan die jaarlikse ‘Preforming Arts Festival’ en vir twee jaar in ’n ry Suid-Afrikaanse span behaal het. Die jaar wat die seun se stem gebreek het, het hy steeds nie beheer verloor oor sy stem nie en is daardie einste jaar aangewys as algehele Solo-wenner vir 2010.

Schublie wou net beter en groter gegaan het met sy sang hoe ouer hy geword het en het sy stem ‘n paar keer laat hoor op die verhoog met Generaal Hertzog se skool produksies.Om sy stem en talent nog ’n stappieveder te neem, besluit Schublie dat hy sy sang grade deur ALMSA (The Academy for contemporary, jazz and gospel music of South-Africa) gaan doen. Op die ouderdom van 17 het hy sy graad 8 eksamen in musiek en sang afgelê en geslaag met ’n onderskeiding maar het steeds nie hier gestop nie, toe hy inskryf vir vier verskillende katogoriee onder andere solo, instrumentaal, drama en model in die Talent Africa kompetisie wat in Maart maand die jaar plaasgevind het en wrintie waar verwerf hy Suid-Afrikaanse klere vir elk van die vier items.

Sy planne vir na skool is om ’n jaar vir Christus in “Year of my life” te spandeer en deur sy musiek met die jonger generasie te kommunikeer, maar vir eers konsentreer hy op die rekord eksamen wat voorlê en is sterk besig om te repeteer vir Hertzog se volgende musikale produksie, Sound of music.

”Schublie se toekoms lyk blink en sy drome groei by die dag, hy staan nie stil vir wat hy wil hê nie” het sy ma, Salome Fourie gesê voor hy afgesluit het met “Die een goeie ding van musiek is dat as dit jou oordromme slaan, maak dit nie seer nie maar genees jou, ek weet nie hoe ek my tiener jare sonder musiek sou kon doen nie, musiek is letterlik kos vir my siel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button