CrimeLocal newsNews

Borgtog word toegestaan in Hof B

Borgtog is toegestaan in baie van die sake wat voor die hof gestel was.

In die beskuldigde-bank in Hof B het vele beskuldigdes gestaan om die uitspraak te hoor van hul oortredings.
Borgtog is toegestaan in baie van die sake wat voor die hof gestel was.

Die eerste persoon is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Dit is nie bekend watter dwelms dit was nie. Die ondersoekbeampte sal dit vasstel in verdere ondersoek. Hy was in die besit van dwelms, met ’n straatwaarde van ongeveer R240.

Die beskuldigde se adres was nie beskikbaar nie en nadat hulle hom gevra het om sy adres voor die hof te bevestig het hy sy huis se staanplek nommer gegee, maar kon nie onthou in watter straat hy bly nie. Hy het voor die hof gesê dat sy ma sy borg vir hom sal betaal indien dit toegestaan is, aangesien hy tans nie ’n werk het nie. Die saak is uitgestel tot 9 Oktober vir verdere ondersoek en hy word steeds in aanhouding gehou tot sy borgtog van R750 betaal word. Hy het volgens die hof se rekord geen vorige veroordelings of hangende sake nie.

’n Volgende beskuldigde het sy eie verdediging behartig en het aan die hof gesê dat hy geen vorige veroordelings of hangende sake het nie. Hy staan voor die magistraat vir die besit van dagga.
Volgens die dossier, het die beskuldigde twee vorige oortredings, een vir inbraak en die ander vir aanranding. Hy het dit erken nadat die hof hierdie inligting aan hom gegee het en was op R500 borgtog vrygelaat. Die volgende hofdatum is op 9 Oktober.

’n Ander beskuldigde is op waarskuwing vrygelaat. Hy was in hegtenis geneem vir aanranding en volgens die dossier het die beskuldigde en die klaer ’n argument gehad oor geld, wat tot aanranding gelei het. Hy is vrygelaat op waarskuwing, maar moet weer op 8 September in die hof verskyn. Die hof wag ook nog vir verdere dokumentasie oor die saak.

In ’n ander saak het die beskuldigde aan die hof gesê dat hy sy eie verdediging sal voer. Die hof het aan hom gestel dat hy geregtig is om regshulp of om van die staat se prokureur gebruik te maak. Hy het gesê dat hy sal voortgaan met sy eie verdediging. Hy staar ’n saak van aanranding in die gesig.

Sy gewese vriendin beweer dat hy haar oor die kop geslaan het met ’n bierbottel. Hy is vrygelaat op R1000 borgtog en gesê dat sy suster die borg sal betaal, aangesien hy werkloos is. Die saak word ook uitgestel tot 9 Oktober vir verdere ondersoek.

Hy word vrygelaat op voorwaarde dat hy die klaer nie meer mag sien of kontak nie.
Een van die ander sake is uitgestel tot 1 Oktober vir navrae deur die streekshof. Hulle moet dus hierdie navrae beantwoord voordat die saak kan voortgaan.

’n Beskuldigde wat twee vorige oortredings het vir diefstal, kon aansoek gedoen om regshulp maar het ferm by sy besluit gestaan om sy eie verdediging te voer. Hy is in hegtenis geneem vir die besit van ’n onwettige vuurwapen en het ook geen hangende sake nie. Hy sal op 1 September weer in die hof verskyn wanneer sy aansoek om borgtog sal voortgaan.

Nog ’n beskuldigde het aan die hof gestel dat haar vorige oortreding teruggetrek was. Die ondersoekbeampte sal intussen ’n profiel op die beskuldigde doen om hierdie inligting te bevestig. Haar volgende hofdatum is op 8 September en sy word vrygelaat met ’n waarskuwing.

Twee mans wat die hofkamer saam aangedurf het se prokureur was ook teenwoordig en het ’n versoek aan die hof gerig om die saak uit te stel vir 9 Oktober. Hulle het ook geen vorige oorteredings of hangende sake nie.
Een van die beskuldigdes wat in die hof verskyn het, se saak is teruggetrek op meriete en die hof het haar laat gaan.

’n Beskuldigde vir ’n besigheids roof het aan die hof gesê dat hy sy eie verdediging sal voer. Alhoewel die hof vir hom gesê het dat dit beter vir hom sal wees om die hulp van ’n regspan te kry en dat hy moet heroorweeg, het hy steeds gesê dat hy dit sal verkies om sy eie verdediging te lei. Hy word in bewaring gehou tot sy volgende hofsaak op 1 September voorkom.

’n Jong dame het ook haar plek ingeneem in die beskuldigdebankie en het aan die hof gesê dat sy op borgtog van R300 vrygelaat was en sy het haar eie prokureur. Haar saak is uitgestel tot 9 Oktober volgens aanvraag van die hof.
Alhoewel vele sake gehoor is en geregtigheid sal plaasvind, word die hofsake uitgestel na die borgaansoek. Elke individu wat voor die magistraat staan het die reg op regsadvies en moet die kans gegun word om hiervan gebruik te maak. Alhoewel nie almal die finansies het vir ’n privaat prokureur nie, is ’n staats prokureur beskikbaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button