CrimeNews

‘Verkrag deur iemand wat ek ken’

Die afgelope naweek is daar verskeie sake aangemeld van minderjariges wat verkrag is

Baie voorvalle van seksuele mishandeling en verkragtings teen minderjariges word deur ‘n familielid of ‘n hegte huisvriend gepleeg.

Die afgelope naweek is daar verskeie sake aangemeld van minderjariges wat verkrag is. Twee van die sake is teen kennisse van die slagoffers geopen.

Een van die slagoffers is maar ‘n skrale 15 jaar oud. Sy beweer sy het die Vrydagaand, 21 Augustus saam die man wat op dieselfde hoewe as haar ouers ‘n fliek gekyk. Na die fliek het sy na haar kamer toe gegaan vir ‘n goeie nagrus wat toe ontaard het in haar grootste nagmerrie, toe die man blykbaar in haar kamer ingekom het. Die verdagte het glo sy hand op haar mond gedruk en haar verkrag.

In ’n ander voorval is ‘n 16-jarige meisie na bewering verkrag.
Die slagoffer het op die tyd van die gebeure by haar ma en die se kêrel gebly. Daar word beweer dat die man haar dogter soos sy eie behandel het, tot die ma van die slagoffer ‘n week moes weg werk van die huis af. Die verdagte het na bewering een aand in die badkamer gekom toe die 16-jarige besig was om te bad, sy klere uitgetrek en aangedring om saam die slagoffer te bad.

Die meisie het haar ma dadelik van die voorval vertel toe sy tuis gekom het en die ma het die 16-jarige dadelik na ‘n dokter toe geneem waar die dokter bevestig het dat die slagoffer ’n seksuele oordraagbare siekte het.

Streng ondersoek word ingestel deur Witbank Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button