Victims in X-treme help die hulpelose

Victims in X-treme is ’n organisasie wat skree teen die mishandeling van kinders en vroue

Victims in X-treme is ’n organisasie wat skree teen die mishandeling van kinders en vroue.
Vianca Kotze, stigter en direkteur is ’n lewendige jong vrou wat saam met mede-werkers asook vrywilligers sedert November verlede jaar deel is van hierdie projek.
Hulle hou fondsinsamelings tot Junie 2016 met die mikpunt om die hoogste berg in Afrika, Kilimanjaro te klim.

“Ons wil vir die mense wys dat hulle nie alleen sukkel nie. Ons wil iets doen om vir al ons slagoffers te wys dat met uithouvermoë, hoogtes wel bereik kan word,” was Vianca se woorde. ’n Groep van ses jong mense gaan einde Junie 2016 hierdie berg aandurf vir die stryd teen mishandeling.

Toesprake word gelewer aan slagoffers en berading word ook aangebied.

“Die beste deel van alles is dat die slagoffers as vrywilligers kom werk. Na rehabilitasie hou dit hul besig om as ’n vrywilliger te werk en ook hulle storie aan herstellendes uit te kry,” het Vianca gesê.

Hulle doel is om ’n bedrag van R500 000 in te samel om slagoffers te help en hulle mik ook om ’n veilige vesting vir hierdie mense te begin.
Hulle is totaal afhanklik van borge, asook donasies en hou fondsinsamelings om hulle doel te bereik. “Die enigste manier om die gemeenskap betrokke te kry is deur fondsinsamelings en ons mik om nog vele meer te doen,” was Vianca se woorde.

“Hierdie projek is gebasseer op ’n voorval uit my verlede. Ek basseer dit ook op Christelike standaarde. Ek weet nie waar al die vrywilligers vandaan kom nie, hulle vind ons net,” het Vianca vertel.

Hulle het ’n foto-kompetisie waaraan die gemeenskap kan deelneem. Vir meer inligting kontak Vianca: 072 788 6560 of Peate: 076 634 6421

Exit mobile version