Toyota bakkie doen skade op in slaggat

Nog een van eMalahleni se slaggat probleme het skade aan ‘n bakkie veroorsaak.

Die Toyota bakkie was beskadig in Uitbreiding 8 op die hoeke van Totius- en Visserstrate. Op die bakkie se deur staan: ‘Jesus saves and reigns, Glory to His name’ en daardie woorde kon nie meer waarheid gespreek het vir die drywer van hierdie Toyota nie.

Volgens Mnr. Albert Holtzhausen van Witbank Community het hulle die bakkie uit die gat gehelp met hul insleepdienste. Die bakkie het onder andere ‘n wiel beskadig.
Holtzhausen beweer dat ‘n waterpyp in die area gebars het en die teerpad is uit mekaar getrek as gevolg van die water wat onder die teerpad ingeloop het.
Die slaggat was reeds daar maar die water het dit groter en dieper gemaak. As gevolg van die hoeveelheid water en die feit dat dit orals ingeloop het, het dit ‘n diep sloot geword.
“Die gat was so groot, sy hele bakkie sou daarin kon pas,” het Holtzhausen gesê.

Die Toyota bakkie wat vasgevang was in die slaggat vol water op Donderdag 23 Julie.

As gevolg van die water in die gat kon die drywer van die bakkie nie die diepte daarvan geskat het toe hy in daardie straat gery het nie.
Hy wou na bewering stadig deur die gat ry toe sy bakkie daarin vasgeval het en hy kon dit nie uitkry nie.
“Daar was redelik baie skade aan die bakkie,” het Holtzhausen ten slotte gesê. “Maar ons het die gat daardie aand gaan toegooi,” het hy bygevoeg.

Holtzhausen het ook gesê dat hy die drywer van die bakkie by sy huis afgelaai het nadat hy die bakkie uit die slaggat gehaal het, aangesien dit naby sy huis gebeur het.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

U persoonlike informasie sal aan geen derde partye gedeel word nie.

Het u enige informasie oor die artikel?
E-pos ons op digital@witbanknews.co.za (heg asseblief u kontak informasie by) of kontak ons op (013) 656 2490.

Exit mobile version