Met mes gedreig, toe skiet hy

Mnr. Gys Doman se lewe het al tweekeer voor hom verby geflits in die lem van ‘n mes.

Op Woensdag 15 Julie het Doman by ‘n robot in Walter Sisulustraat gestop. Die robot het nie gewerk nie, so dit was dus ‘n vier-rigting stop. “Ek het gewag vir my beurt. Ek het links gekyk, en toe ek regs kyk staan ‘n onbekende man langs my venster en vra vir my selfoon,” het Doman vertel.
“My getinte vensters verhoed my om deur die vensters te kan sien so ek moet die venster bietjie oopdraai om te kyk vir ander karre,” sê Doman. Hy het nie ‘n sitplekgordel gedra op daardie oomblik nie. Hy het gekoets vir die lem wat na sy kant geswaai was en het na die anderkant van die sitplek oorgeval in ‘n poging om die mes te ontduik.

Doman is vir ‘n tweede keer probeer steek deur hierdie man maar hy het sy rewolwer uitgehaal en op die man geskiet. “Ek het vir sy bors gemik. Ek weet nie of ek hom raak geskiet het nie, maar hy het weggehardloop. Hy het om die hoek verdwyn en ek het hom nie weer gesien nie,” vertel Doman.
Hy het by die naaste vulstasie ingetrek en dadelik die polisie gebel. Die beampte wat die telefoon geantwoord het, het vir hom gesê om glad nie daar te stop nie en dadelik te ry, aangesien dit ‘n baie gevaarlike deel van die dorp is. Sy het hom ook ingelig dat hy dadelik polisiestasie toe moet gaan.
“Dit was omstreeks 18:00 en niemand wat in daardie straat saam my was het hulp aangebied of dit as snaaks gesien dat ‘n man my met ‘n mes wil steek nie. Almal het aangegaan soos normaal en die kar wat agter my gestaan het, het selfs sy toeter gedruk dat ek moet ry,” het Doman verontwaardig vertel.

Niks was gesteel in die voorval nie.
Die eerste keer wat dit met hom gebeur het, was Doman in Pretoria en ook by ‘n robot het ‘n onbekende man ‘n mes teen sy keel gedruk. Hy het geen ernstige beserings opgedoen nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

U persoonlike informasie sal aan geen derde partye gedeel word nie.

Het u enige informasie oor die artikel?
E-pos ons op digital@witbanknews.co.za (heg asseblief u kontak informasie by) of kontak ons op (013) 656 2490.

Exit mobile version