CrimeNews

Sigaret-kapers voel die hitte

Sigaret-sekuriteit is van kardinale belang in ons land.

In ‘n persverklaring wat op 2 Julie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgereik is, word skrikwekkende statistieke gegee van die hoeveelheid voertuie van sigaretverspreiders wat gekaap word.
Die Nasionale Polisie Kommisari, Riah Phiyega het in hierdie verklaring gesê dat sy die vestiging goedkeur van ‘n intelligensie-gedrewe operasie om die veg teen kapings in Gauteng en geaffekteerde provinsies onder beheer te kry.
Hulle ry onder die dekmantel van die voertuie wat die sigarette versprei om te voorkom dat die kapings plaasvind en om ekstra sekuriteit te verseker vir hierdie voertuie.

In ‘n multi-dissiplinêre operasie om die bedreiging van gewapende rooftogte te voorkom of die kaping van verspreidingsvoertuie, sowel as rooftogte by die verspreidings kantore het al gelei tot verskeie arrestasies wat gemaak is. Voertuie en eiendom wat onderskeidelik gesteel of beskadig was, is al herstel in die proses.
‘n Taakspan is gestig, wat bestaan uit intelligensie operatiewe en ondersoekbeamptes.
Die bogenoemde intelligensie-gedrewe operasie is ‘n geregistreerde entiteit in samewerking met die SAPD om die probleem op te los.

Hulle het ‘n multi-dissiplinêre benadering vasgestel wat uit drie fases bestaan.
In die kort-termyn beplan hierdie taakspan om die aaneenlopende taktiese intelligensie operasies, wat die verspreidingskantore, sowel as op die ‘cluster’ vlak en hardnekkige misdaadsbedreigings asook verdagtes onder beheer kry.
Die medium-termyn se beplanning is om herhalende verdagtes, ‘cluster’ vlak kriminele netwerke en georganiseerde kriminele-groepe te vang en agter tralies te sit.

In die langtermyn wil die polisie hierdie probleem nasionaal tot ‘n einde bring en sindikate van hierdie kapings blootstel en toesluit.
In bogenoemde persvrystelling is soveel as 44 sake aangemeld by die polisie en 59 verdagtes in hegtenis geneem, slegs in Gauteng. Statistieke van onder andere, die Noord- en Oos-Kaap, staan op 178 sake aangemeld en 197 arrestasies wat gemaak is.
“Ons doen alles in ons vermoë om die sekuriteit van ons drywers asook die voertuie te verseker. Daar was baie sake aangemeld van kapings en ons het vergader om die sekuriteit te verskerp in Mpumalanga. Ons hou gereelde vergaderings oor die sekuriteit en hoe ons dit kan opskerp,” het Selvy Mohlala, provinsiale woordvoerder vir die SAPD in Mpumalanga gesê.

Sersant David Ratau, plaaslike polisie woordvoerder in eMalahleni, het gesê dat daar ongeveer drie gevalle in die laaste ses maande aangemeld was by Witbank Polisie van sigaret-kapings.
“Dit is nie so groot probleem in eMalahleni op die stadium nie,” het Ratau gesê.
Die sake wat oopgemaak is by die SAPD sluit onder andere gewapende rooftogte, poging tot moord, moord en besit van gesteelde goedere asook die besit van onwettige vuurwapens in, om slegs ‘n paar te noem.
Vandat hierdie taakspan in werking gestel is het die lede alreeds ‘n verskil gemaak. Ongeveer 20 vuurwapens is verhaal asook ongeveer 8 417 kartonne sigarette.

Een verdagte is tot 18-jaar tronkstraf toegedien, een vir sewe jaar en nog ‘n verdagte het vyf jaar tronkstraf ontvang.
Die SAPD het verskeie inisiatiewe om hierdie probleem tot ‘n einde te probeer bring. Hulle fokus is veral op die rooftogte van voertuie wat sigarette versprei asook by die verspreidingskantore wat beroof word. Hulle fokus daarop om pro-aktiewe en voorkomende maatreëls in te stel. Pro-aktiewe intelligensie produkte word ook voorsien om die ontplooiing van voertuie in die gevaarlikste dele van elke provinsie.

Times Live het op 5 Junie gesê dat British American Tobacco (BAT), een van die grootste vervaardigers van sigarette in Suid-Afrika, al ongeveer 1412 voertuie verloor het aan kapings. Dit wil sê, ongeveer vier aanvalle per dag vind dan plaas. Volgens BAT is voertuigkapings ‘n groot bekommernis aangesien voertuie met hierdie verbruiker-items baie kwesbaar is aangesien kapers produkte soek wat dadelik versprei kan word. BAT word die hardste getref in sulke gevalle as gevolg van die sisteem van hul verspreidings-netwerke. Volgens Times Live kan een voertuig wat gekaap word die oorsaak wees van baie skade aangesien groot verspreiders ongeveer 10 000 sigarette op een slag versprei. ‘n Enkele aanval kan veroorsaak dat die sindikaat ‘goud tref’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button