Local newsNewsUpdate

Een dood, twee beseer op die Bethal-pad

‘n Ongeluk tussen ‘n trok en twee karre het ‘n sterfte tot gevolg gehad.

Op 7 Julie om ongeveer 11:35, was daar ‘n ongeluk op die Bethal- pad tussen ‘n MAN trok, ‘n Toyota Hilux en ‘n Mitsubishi Pajero.
Volgens omstanders het die drywer van die trok, die Pajero probeer verbysteek toe die botsing plaasgevind het. Die Hilux het uitgeswaai en so ook die trok maar die botsing was onvermydelik. Met aankoms van paramedici, was die Hilux bakkie onder die trok gewees en die trok het op sy sy gelê. Volgens mnr. Dino Padayachee, woordvoerder van Langamed Nooddienste, was die drywer van die Hilux skaars sigbaar en kon slegs gesien word deur sy hand wat tussen die steeenkool uitgesteek het.

Die Hilux was plat gedruk as gevolg van die vrag steenkool van die trok wat bo op die Hilux beland het (Foto: Samantha Traill).
Die Hilux was plat gedruk as gevolg van die vrag steenkool van die trok wat bo op die Hilux beland het (Foto: Samantha Traill).

Die trok het twee waens met steenkool vervoer en die agterste vrag het bo op die Hilux gelê. Die drywer van die Hilux was op die toneel dood verklaar.
Hy was met die kake van die lewe uit die voertuig gehaal. Die bakkie se kap was ongeveer 200m van waar die bakkie onder die trok was.
Die Pajero het ‘n sleepwa aangehad wat ook losgekom en in die veld beland het.

Hy was oppad na eMalahleni toe die ongeluk plaasgevind het. Die trok en die Pajero was oppad na Bethal se kant.
Die drywers van die trok en die Pajero is met Langamed nooddienste na Witbank Hospitaal vervoer. Die drywer van die trok het vermoedelike spinaal beserings opgedoen en die drywer van die Pajero het beserings aan sy kop en bene opgedoen.

Toeskouers het gewag vir die toneel om opgeklaar te word om die steenkool op te tel wat van die vrag afgeval het. Motoriste het ‘n plaaspad gery om verby die verkeer te kom aangesien die pad gesluit was. (Foto: Samantha Traill).
Toeskouers het gewag vir die toneel om opgeklaar te word om die steenkool op te tel wat van die vrag afgeval het. Motoriste het ‘n plaaspad gery om verby die verkeer te kom aangesien die pad gesluit was. (Foto: Samantha Traill).

Motoriste het ‘n plaaspad gebruik om verby die ongeluk te ry, aangesien die hele pad versper was. Menige toeskouers het in angs toegekyk hoe die drywer van die Hilux met die kake van die lewe uit sy voertuig gehaal word en hoe al die drywers asook passasiers gestabiliseer en vervoer word.
Teen druktyd was die liggaam nog nie uitgeken nie.

Kyk die beeldmateriaal hier.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

 
Back to top button