CrimeNews

Skietery op snelweg vir aartappel-geld

’n Trokdrywer en passasier, oppad om ‘aartappels’ te koop, het ’n nare verrassing gekry toe gewappende rowers op hul begin skiet het op die N4 snelweg.

Woensdagoggend 1 Julie, omstreeks 04:00, het skote op die N4 snelweg naby die tolhek geklink toe gewapende rowers onverwags, vanuit ’n onbekende voertuig, op ’n trok gevuur het.
Die bestuurder en die passasier in die trok is tydens die voorval gewond.
“Die vensters van die trok is uit geskiet. Een man is gewond in sy regterskouer en die ander is in die been geskiet,” het kapt. Eddie Hall, woordvoerder van Witbank SAPD bevestig.

Die drywer en passasier was glo oppad in die Hino-trok om ’n voorraad van groente, hoofsaaklik aartappels, te koop toe die verdagtes hul voorgekeer het.
“Die verdagtes in die voertuig het glo vir die bestuurder in die trok aangedui dat hy van die pad af moet trek. Die bestuurder het egter nie afgetrek nie en die verdagtes het toe op die trok begin skiet,” het Hall verder vertel.
Na die trok tot stilstand gekom het, het die verdagtes ’n onbekende hoeveelheid geld gesteel wat gebruik moes word om voorraad aan te koop.
Beide beseerdes is na die voorval geneem na Witbank Hospitaal waar hul behandeling vir hul wonde ontvang het. Beide is Vrydag 3 Julie ontslaan.

Die verdagte rowers is onbekend en geen arrestasie is sover gemaak nie. ’n Saak van gewapende roof en poging tot moord word tans ondersoek.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Back to top button