Brandweer te laat om vuur te keer

“Dis swak, swak diens!” het die vrou vererg gesê.

Die swartgebrande mure en puin rondom die huis in Swartstraat is al wat oorgebly het na vlamme deur die huis gewoed het.
Woensdag 26 Junie, omstreeks 05:15, het een van die wonings in Swartstraat vlam gevat en byna tot op die grond afgebrand.

Witbank Brandweer en nooddienste was onmiddellik gekontak. “Die brandweer het eers 06:00 daar opgedaag!” het ’n ontstoke buurman vertel.
Volgens die bystanders en bure op die toneel, het die brandweer laaste op die toneel gearriveer en toe gesukkel om die pype gekoppel te kry aan die watertenk. “Hulle het skaars aan die gang gekom om die vuur te blus, voor hul uit water gehardloop het.”

Me. Elsabe Newton het na die voorval ook haar stem dik gemaak. “Dit is nie die eerste keer wat dit gebeur het nie. Dis ’n saak wat my na aan die hart lê omdat ek self 11 jaar terug ’n kind in ’n brand verloor het as gevolg van die brandweer se treurige reaksie.”
Die oorsaak van die brand is onbekend en geen terugvoer was teen druktyd gegee hoekom die brandweer nie water gehad het nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Exit mobile version