Tref-en-trap eis ‘n lewe

‘n Fratsongeluk was die oorsaak van ’n sterfte op die Verena-pad.

Op 24 Junie ongeveer 17:30 was ‘n kaping die oorsaak van ‘n voetganger wat raakgery is.
In Ogies het ‘n Volkswagen Caddy sigarette versprei en was oppad na eMalahleni. Sigarette is in groot aanvraag, en daarom was ‘n sekuriteitsvoertuig agter die Volkswagen Caddy, juis om op die uitkyk te wees vir gewapende rowers.
Volgens kaptein Eddie Hall, media-woordvoerder, is hierdie sigaretverspreiders oor die algemeen in groot gevaar weens die hoë sigaretpryse. “Daarom moes sekuriteit aangebring word op dae wanneer sigarette versprei word,” het kapt. Hall gesê. Die oorsprong van die voetganger wat raakgery is, was ‘n poging tot ‘n gewapende roof wat in Ogies begin het.

Die Volkswagen Caddy het weggejaag uit Ogies na eMalahleni se kant toe en die verdagte kar het hulle agternagesit. Oppad na eMalahleni, het die sekuriteitsvoertuig na die kapers se voertuig begin skiet toe hy sien die rowers sit hulle agterna en wend geen poging aan om die gejaag te stop nie. Na menige pogings om die rowers te waarsku deur middel van geweerskote dat hulle moet opgee, het die rowers steeds die Caddy agtervolg. Op die Verena-pad is die wiel van die rowers se kar raakgeskiet en die drywer het beheer verloor oor die kar. ‘n Onskuldige en baie ongelukkige voetganger langs die pad is in die proses raakgery en op die toneel dood verklaar.

Volgens kapt. Hall het die kapers nie terug geskiet nie. Die drywer en insittendes van die verdagte kar het weggehardloop na die ongeluk plaasgevind het.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version