Nuwe gesig van Kabod Huis

Vir die afgelope vyf jaar was Kabod Huis bestuur deur Talita Brits.

Loraine Prinsloo is die nuwe projek-bestuurder en sien uit om ‘n lang pad saam die gemeenskap te stap.
Kabod Huis is ‘n veilige vesting vir baba’s wat mishandel word en ook weggegooi word. Daar is baba’s wat in asblikke, by treinspore asook in die veld gekry word. Sommige ma’s los die kinders na geboorte in hospitale of net waar die baba gebore word.

Hierdie baba’s word dan in Kabod Huis geplaas tot die aanneming proses gefinaliseer is en ‘n geskikte huis gevind word vir hierdie baba’s.
In totaal, is ongeveer 50 baba’s al deur hierdie huis in die afgelope vyf jaar. AGS Neo Doxa sorg nie vir die huis nie. Hulle het wel die huis geskenk waarin die kinders bly, asook tuindienste, krag en water word verskaf. Verder is hierdie veilige vesting totaal afhanklik van skenkings deur die gemeenskap.


Hierdie huis probeer nou al vier jaar om subsidie van die staat te ontvang. Hulle het al menige kere aansoeke ingestuur en deur die proses gegaan, maar tot vandag nog niks gehoor nie.
uMephi, ‘n nie-winsgewende organisasie het vyf jaar terug na eMalahleni gekom op soek na ‘n plek om so huis oop te maak. Neo Doxa het betrokke geraak en die huidige huis geskenk.

Tans is hier ‘n totaal van R28 000 nodig per maand om vir die ses kinders te sorg. Sover het geloof hulle deurgedra om elke maand kop bo water te hou.
Hierdie huis het elke sent nodig wat die gemeenskap aan hulle kan toestaan. Loraine en haar span werk dag en nag om hierdie projek ‘n sukses te maak en hierdie kinders te help wat in groot nood is.

Vir enige donasies, kontak Loraine: 082 323 3969.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version