CrimeNews

Man se beste vriend wreed mishandel

Hond se geslagsdele is vermoedelik met ‘n stuk lemmetjiesdraad gesny.

Dieremishandeling is ‘n oortreding wat nie ligtelik opgeneem moet word nie.
Donderdag 4 Junie omstreeks 14:00 is Caesar, ‘n Wit Alsatian-reun in Ga-Nala, verskriklik wreed mishandel. Sy geslagsdele is vermoedelik met ‘n stuk lemmetjiesdraad gesny.

Die hond se geslagsdele wat vermoedelik met lemmetjiesdraad gesny is.
Die hond se geslagsdele wat vermoedelik met lemmetjiesdraad gesny is.

Op 5 Junie het me. Bodenstein ‘n blikkie op haar grasperk gekry met die woorde ‘MONSTER’ daarop. Die vingerafdrukke is heelwaarskynlik op die blikkie en word tans ondersoek deur Kriel Polisie.
Die Kriel/Ga-Nala 911 groep het die gesin bygestaan en doen alles wat hulle kan om te help. Die selle om die hond se geslagdele is dood, daar was ‘n moontlikheid dat die hond uitgesit moes word. Bodenstein sê dat die medikasie wat vir hul hond gegee was deur die dokter, die hond sieker begin maak het. Sy het vir die hond vrugte en groente begin gee en hy is nou stukke beter.

Caesar, die hond in Ga-Nala wat se geslagsdele vermoedelik met ‘n lemmetjiesdraad gesny is op 4 Junie.
Caesar, die hond in Ga-Nala wat se geslagsdele vermoedelik met ‘n lemmetjiesdraad gesny is op 4 Junie.

So paar maande terug was die bruin Alsatian-teef amper met ‘n tou verwurg. Die tou was in die tuin vir plante wat daarom moes rank, maar na die Bodenstein’s hul hond se hulpkreet gehoor het, het hulle gaan kyk.
Daar was ‘n beweging in die takke maar me. Bodenstein kon nie presies uitmaak wat dit was nie. Die persoon het na bewering oor die muur gespring toe daar beweging in die huis was. Bodenstein het harde voetstappe gehoor en toe was alles stil. Toe die hond by haar eienaar kom was sy siek, maar dit was nie ernstig nie.
“Ek kan nie glo iemand sal so iets aan ‘n hond doen nie. Dit is onmenslik en verskriklik wreed,” het Bodenstein met ‘n seer hart gesê.

Enige iemand met inligting van hierdie gebeurtenisse moet die volgende nommers skakel 071 359 6870/076 616 9308.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Check Also
Close
Back to top button