Local newsNews

Lag meer, dis terapeuties

Dr. Johann Broodryk, ’n boorling van eMalahleni wat nog sterk familiebande en wye vriendekring in die stad het, het soppas sy tiende boek bekendgestel.

Dr. Broodryk, ’n filosofiese berader, moedig mense aan om meer te lag as terapie vir ’n gelukkige bestaan.
Hy was ook betrokke as navorser vir televisieprogramme soos die reeks ‘Wie lê waar’ op die kykNET kanaal.
In sy nuutste boek getiteld ‘Lekkkerlag Stories’, wat hy as verwysing gebruik vir die deelnemende vertelling van die feesgangers se stories, vertel hy van komiese ervarings wat hyself beleef het, of wat hy van gehoor het.

Lesers kan hul eie bydraes maak aanvullend tot sommige van die stories met titels soos ‘Potjiekos o potjiekos!’, ‘Rate van Sekekoeneland se kruiedokter’, ‘Tiegerpoort se mensopvreetslange’, en ‘Die slag van Brandewynrivier’.
Johann besef as filosofiese berader die terapeutiese waarde van lekkerlag en wil met hierdie bydraes andere tot meer lag inspireer.

Dr. Johann Broodryk, ’n filosofiese berader, moedig mense aan om meer te lag as terapie vir ’n gelukkige bestaan.
Dr. Johann Broodryk, ’n filosofiese berader, moedig mense aan om meer te lag as terapie vir ’n gelukkige bestaan.

Hy wys daarop dat as ons nie meer lag nie, hierdie aardse bestaan maar een lang uitgerekte bedroewenis sal wees. Om te lewe is om meer te lewe, sommer so uit die maag uit solank onse mense net meer lag.

Die boek ‘Lekkerlag Stories’ was opgedra aan die Afrikaanse komediant wyle Al Debbo omdat Debbo mense so lekker laat lag het met sy skreeusnaakse optredes tydens konserte en flieks. Die voorwoord is deur Lochner de Kock geskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button