MunicipalNews

Munisipale waterpype in die wind en weer gelos

Watertoevoer pype is afgelaai langs die N4 snelweg, agter Del Judor Substasie.

‘n Inwoner van die gebied, beweer dat van die pype al meer as twee jaar daar lê, en dit is al geroes van ouderdom.
Volgens Lebohang Mofokeng, kommunikasie bestuurder van eMalahleni plaaslike munisipaliteit was dit oorspronklik ‘n projek wat deur die Nkangala-distriksmunisipaliteit begin is om as ‘n ‘rou water’ toevoer gebruik te word wat water vanaf Witbank Dam na die steengroef in uitbreiding 8 vervoer.

Nuwe waterpype wat afgelaai is.
Nuwe waterpype wat afgelaai is.

Die projek was toe later oorhandig aan die Rand Water- groep wat met die projek sou aangaan. Rand Water het nuwe pype gebring om die projek af te handel.

Volgens ‘n inwoner is daar ongeveer twee maande terug nog van dieselfde pype daar afgelaai en net daar gelos.
Na verskeie pogings om vas te stel waarom die waterpype net daar gelos is, was nie Nkangala-distriksmunisipaliteit of Rand Water beskikbaar vir kommentaar nie.

Hierdie waterpype is toegespan agter heining en ‘n sekuriteitswag is aangestel om toesig te hou.
Hierdie waterpype is toegespan agter heining en ‘n sekuriteitswag is aangestel om toesig te hou.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

Back to top button