Charl Odendaal is Magic Mike

Danksy al die stemme vir Charl Odendaal, is hy as die wenner van Jacaranda FM se Magic Mike kompetisie aangewys.

Op Vrydag, Mei 1 het hy die nuus gekry dat hy die wenner is. Hy en Keith Hartley was in die Top 2.
Die Magic Mike-kompetisie was deur die Martin Bester Drive op Jacaranda FM aangebied. Hulle het die ‘mees algemeenste’ man gesoek om hom te verander in ‘n ster. Die kompetisie is na aanleiding van die Magic Mike XXL rolprent wat 1 Julie 2015 in die VSA bekend gestel word, gehou.

Charl was stokstyf na sy eerste sessie by die choreograaf, Annie Baxter, sê sy vrou, Karin Odendaal. Hy gaan in die nagklub, Teaze-Hers, wys wat die choreograaf hom geleer het. Karin ondersteun hom een honderd persent. Dit is tog immers sy wat hom vir hierdie kompetisie ingeskryf het. “Maar dit is beslis nie iets wat ek my man sal laat doen vir ‘n lewe nie,” het sy gesê. Die hele doel van hierdie kompetisie, sê Karin, was om dit vir sy vrou te doen en te leer. Dus het sy ‘n eerste ry sitplek vir die groot vertoning.

Karin Ruthven Odendaal’s dankie boodskap op Facebook.

Karin is sy grootste ondersteuner en sy kan soms nie glo dis haar man op daardie verhoog nie. “Ons geniet dit verskriklik baie en dis ‘n baie groot uitdaging vir ons altwee,” het sy gesê.
Hy het die liedjie, ‘Levitate’, van Hadouken gekies en hy sal op hierdie liedjie sy nuutste danspassies af wys. Dit is dol op hierdie stadium vir Karin en Charl, aangesien sy saam met hom gaan vir sy oefensessies. Hulle is gereeld by die choreograaf en Charl oefen ook saam met geleerde dansers wat hom bietjie meer wys – dansers met ervaring.

Hy het al sy eerste optrede gehad op 8 Mei by die nagklub en dit was ‘n groot sukses, volgens Karin. Dit was slegs om nog bietjie oefening in te kry en hy het die optrede gedoen saam Annie.
Charl het in ‘n onderhoud met Martin Bester gesê dat hy soveel meer respek gekry het vir hierdie dansers en dat hy dit baie geniet, alhoewel dit baie uitputtend is. Die Jacaranda FM kameraspan neem alles af op video. Dit sal na die optrede beskikbaar wees op Jacaranda FM se webtuiste asook op YouTube en dit sal uitgesaai word op Lekker Bester, kanaal 146 op DSTV.

Die optrede vind Donderdag, 14 Mei plaas by die Teaze-Hers nagklub in Pretoria. Daar is geen ingangsfooi vir sy optrede nie, en die deure maak omstreeks 20:00 oop.

Exit mobile version