Man sterf in ongeluk op ou-Middelburgpad

Kort na ’n motor vlame gevat het en uitgebrand het op die N4 snelweg, is nog ’n motoris dood na ’n ongeluk op die ou-Middelburgpad.

In ’n soortgelyke voorval is nog ’n persoon dood Donderdagaand 16 April.
Soos die geval met die brandende voertuig op die snelweg het dié voertuig ook glo met ’n trok gebots. Volgens mnr. Quinton de Bruyn van Witbank 911 Zello-groep, het die motor langs die ou-Middelburgpad in ’n sloot beland waar die motor glo ook vlam gevat het. “Dit was wel nie so erg soos die ander kar op die N4 nie,” het De Bruyn gesê.

Die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

Foto wat op Witbank 911 se Facebook gedeel is.

Boodskappe  van meelewing wat  op Witbank 911 se Facebook blad geplaas was:

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na
082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version