Diewe teiken nuwe besigheid

Hy het skaars besigheid begin by die nuwe werkswinkel op die plot toe die diewe toeslaan.

Mnr. André Viljoen vertel hoe inbrekers al sy toerusting uit sy werkswinkel gesteel het en dit net toe hy onlangs verhuis het na ’n plot in Leeupoort.

Viljoen het Woensdag 8 April ’n saak van diefstal by Witbank Polisie Stasie aangemeld na diewe glo by sy perseel ingebreek het.
“Hulle het die staal motorhuisdeur oopgebreek en oopgeskuif,” het Viljoen verduidelik hoe die verdagtes toegang gekry het tot in sy werkswinkel naby sy huis.

Viljoen het al sy toerusting as vermis gerapporteer wat insluit: ’n gereedskapboks, kragopwekker, sweismasjien en drilmasjien.
Die verdagtes het ook sy wit en oranje 125cc Big Boy motorfiets gesteel, wat hy vir veiligheid in die werkswinkel toegesluit het.

Die verdagtes is onbekend en geen arrestasies is sover gemaak nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C00F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version