Skool hou diens vir Francois

Die fratsongeluk wat Francois Clarence (17) se lewe geneem het, het baie leerlinge van Hoër Tegniese Skool geskok gelaat en ’n spesiale diens is gereël deur die seuns se eerste hokkiespan ter nagedagtenis aan hul spanmaat.

’n Hokkie stok geteken deur die span, ’n bal, sy hokkiehemp en ’n boks vol briewe wat geskryf is vir die gesin is Woensdag 18 Maart neergesit op die plek waar Francois die vorige dag deur weerlig getref is.

Later die dag om 18:00 het leerlinge, onderwysers, ouers en vriende bymekaargekom op HTS se paviljoen waar ’n klein diens plaasgvind het.
Na die diens is almal na die plek op die A-rugbyveld waar Francois getref is. Hiér is blomme neergesit en kerse aangesteek waarna Chinese lanterns aangesteek en die lugruim ingestuur is ter nagedagtenis.

Die eerste hokkiespan, waarvan Francois deel was, het elk ’n spesiale armband ontvang sodat hulle, hulle ‘Gravy’ (sy bynaam) sal onthou. Die span het ook ’n nuwe hemp vir die Clarence-gesin laat maak en hulle het ook elkeen ’n slot teen die heining wat die twee velde verdeel, aangesit.
Op Donderdag 19 Maart kon die leerlinge van die skool ’n swart band om hulle arms dra het en die dogters het ’n swart strik in hulle hare gedra.

Blomme is die stille getuienis van die tragedie wat hom op Dinsdag 17 Maart by HTS afgespeel het.
Leerlinge wat die diens by die skool bygewoon het op Woensdagaand 18 Maart het Chinese lanterns laat opgaan ter nagedagtenis aan ’n skoolmaat.
Foto’s, ’n hokkiestok, ’n bal, ’n boks vol briewe vir die gesin en Francois Clarence se hokkiehemp is op die veld gesit waar die weerlig hom getref het.
Exit mobile version