CrimeNews

Jack Russel doodgekap

Die 11-jarige Ruan Smit se hart is stukkend. Iemand het sy Jack Russel Maandag 23 Maart doodgekap.

“Toe ons Maandag by die huis stop was dit snaaks dat Milo nie soos gewoonlik kom groet het nie. Dis toe ek by die erf instap dat ek hom eenkant sien lê het. Met die dat my man hom optel het ons gesien dis net ’n stukkie vel wat sy koppie en lyfie bymekaar hou,” het me. Adele du Plooy, Ruan se ma gesê.

Sy dink dat Milo iewers deur die oggend doodgemaak is.
“Milo was deel van ons gesin. Hy was al sewe jaar by ons,” het Du Plooy gesê.
Sy het genoem dat hulle Labrador Sondagaand baie geblaf het.
“Ons het die Labrador sopas gekry en ek het gedink hy is dalk vreemd en dis hoekom hy so blaf. Ek is nou nie seker nie, miskien wou hy ons waarsku dat iemand in ons erf is,” het Du Plooy gesê.

Hulle is nog nie seker hoe die persoon wat Milo doodgemaak het in hul erf gekom het nie, aangesien hulle hul hekke toegesluit hou.
Sy het genoem dat hulle veiligheid by hulle huis gaan opskerp.

Milo, die Jack Russel is Maandag 23 Maart doodgekap.
Milo, die Jack Russel is Maandag 23 Maart doodgekap.

Back to top button