Local newsNewsUpdate

Blomme tussen wrakstukke – hoe om lewens te spaar

Nog ’n sterfte. Nog pyn vir ’n gesin. Nog hartseer vir vriende.

“…jy was my lewe, en jy sal altyd in my hart en gedagtes bly…” lees die deel van ’n brief aan ’n verlore geliefde.
Nog ’n sterfte. Nog pyn vir ’n gesin. Nog hartseer vir vriende.

Na nog ’n noodlottige ongeluk in O.R Tambostraat lê daar blomme tussen wrakstukke as herinnering van die lewe wat daar verloor was.
Twee weke gelede, op Donderdag 22 Januarie, moes familie en vriende afskeid neem van Wimpie Myburg (32).
“Hoeveel mense moet nog sterf voor daar iets aan hierdie pad gedoen word?” was die vraag van WITBANK NUUS lesers en sosiale media gebruikers.

Verskeie voorstelle was gemaak om risiko’s op die pad te verminder. ’n Paar jaar gelede het lede van die gemeenskap spoedhobbels voorgestel sodat bestuurders forseer word om spoed te verminder op die pad. Dié idee was deur die munisipaliteit van die hand gewys omdat O.R Tambostraat as ‘’n Klas 2 pad of hoof arteriële pad’ beskou word.
“Die pad word op dieselfde vlak van belang beskou as die N2, N3, N12, ensovoorts. Spoedhobbels is nie toelaatbaar op die tipe pad nie,” het die munisipaliteit’s verklaring gelees.

’n Nuwe, aanneemlike voorstel was onlangs gemaak deur ’n leser wie voorgestel het dat die kort straatjie wat vanaf O.R Tambo in Woltemade Straat loop (net na die draai in O.R Tambo) heeltemal toe gemaak word.
“Die straat staan op ’n blinde hoek. Mense jaag om daai draai in O.R Tambo en dit sal nie verander nie al was daar ’n vier-rigting stop! Daar is ander strate wat na Woltemade vanaf O.R Tambo loop.”

Binne minute na dié voorstelling sosiale netwerke bereik het, het kommentaar van ander lesers ingestroom:
“Miskien moet daar spoedkameras opgesit word. As hierdie straat toegemaak word sal Poplarstraat ook toegemaak moet word.  Dis net so gevaarlik,” skryf Kathleen Janse van Nieuwenhuizen.
Larochelle van Staden: “Stem 100% saam.  Dis nie ‘n Kalahari Ferrari pad nie.  En ook nie ‘n renbaan nie.  Mense moet besef resies word op beperkte paaie met ‘n rede gedoen.  Weg met die spoed en in met die tronkstraf!”

Annelie Erasmus:  “Jare terug is dieselfde probleem ervaar in Langenhoven/Van Bruggen.  Daar is ‘n spoedhobbel op die draai en ’n Stop verder aan, aangebring om die jaagduiwels te stuit.  Hoekom nie dieselfde in OR Tambo?”
Fransie Brits:  “Ek haat daai pad met ‘n passie my seun Daniel is twee jaar trug daar oor kant Tin Cups dood verongeluk.”
Adri Bester:  “Ek stem saam die mense kyk met hoeveel spoed hul daar kan om kom.”

Nog ’n ongeluk op die hoek van O.R Tambo- en Poplarstraat was ook die naweek geraporteer. Die ongeluk het op dieselfde plek plaasgevind waar ’n 18-jarige motorfietsryer byna ’n maand terug, 9 Januarie, in ’n botsing met ’n motor betrokke was.
Die munisipaliteit was weer gekontak met nuwe voorstelle om die O.R Tambo-draai veiliger te maak vir motoriste en beheer oor spoed te forseer.

Die stad se administrateur, mnr. Theo van Vuuren, het die volgende boodskap (BBM) gelos wat lees:
“Daar is ’n paar opsies. Die tegniese mense kyk tans daarna.”

Back to top button