Local newsNews

Onthou jou kersgeskenk

Dis maklik om te vergeet van die mense om ons wanneer die lewe ’n wedren is

Dis maklik om te vergeet van die mense om ons wanneer die lewe ’n wedren is. Ons haas almal na iets in die lewe en laat dan diegene wat moeg en oud raak agter.

Darem is daar altyd ’n handjie vol mense, soos Tannie Wilna Botha en haar spannetjie van die R5 Price Beat winkel wat hul harte oop maak vir diegene wat soms ‘onsigbaar’ raak in ’n groot besige wêreld.

Die R5 Price Beat Kersprojek is groter die jaar met bejaardes en liggaamlik gestremdes as teiken van die projek.
“Ons het in 2006 begin met Immergroen en Huis Betsie Louw,” het Wilna vertel. Wilna en haar span het weer die ‘fees’ terug gesit in Kersfees met geskenke en Kerspartytjies wat die inwoners nog vir jare sal onthou.

Moth Cottages en Edenpark ouetehuis word hierdie jaar ook ingesluit by die Kersprojek. Die R5 Price Beat het uitgereik en om hulp gevra van die gemeenskap om dit moontlik te maak om vir sowat 628 inwoners geskenke te voorsien. Daar is tans nog 170 name op die lys van bejaardes wat nog geskenkies moet kry.

Christmas presents piled underneath a christmas tree.
Die tyd raak min en die kerspartytjies is om die draai. Tussen 15 November en 6 Desember gaan die vier groot kerspartye plaasvind.

Wilna vra hulp van die gemeenskap om hierdie jaar dit besonders spesial te maak vir al die mense en om vir almal ’n ‘lekker bederfie’ te voorsien.
“Ons vra nie vir groot en duur geskenke nie,” het Wilma gesê en meen dat elke geskenkie of donasie waardeer word.
Die lys van name, vir die inwoners wat nog moet geskenke kry, is beskikbaar by die R5 Price Beat (in Leo Plaza in Oppermanstraat, Klipfontein).

Elke klein gebaar van iemand wat werklik omgee kan ’n groot verskil maak. Help ’n verskil maak hierdie jaar in iemand anders se lewe…

Laat ons hul onthou en nooit vergeet.

Back to top button