Local newsNews

Bejaardes word vanjaar bederf

Die bejaardes en liggaamlik gestremdes is die teiken vir vanjaar se R5 Price Beat Kers-projek.

Die bejaardes en liggaamlik gestremdes  is die teiken vir vanjaar se R5 Price Beat Kers-projek.

Inwoners van Huis Betsie Louw, Immergroen tehuis vir bejaardes, Moth Cottages en Edenpark Ouetehuis gaan vanjaar bederf word tydens die fees tydperk wat reeds om die draai staan en koekeloer.

Daar gaan ’n lys van name by die R5 Price Beat in Leo Plaza in Oppermanstraat in Klipfontein beskikbaar wees. Al wat jy moet doen is kies ’n naam, koop ’n geskenkie, draai dit toe, skryf die persoon se naam duidelik op en handig dit weer by die R5 Price Beat in.
Tussen 15 November en 6 Desember gaan al 589 persone ’n geskenkie ontvang.

“Ons kan dit nie sonder die gemeenskap doen nie. Daarom vra ons, kom kies ’n naam en maak iemand se Kersfees ekstra spesiaal,” het Wilna Botha van die R5 Price Beat gevra.

Vir meer inligting oor die projek skakel gerus vir Wilna: 013 692 5981.

Back to top button