CrimeNewsUpdate

36-jarige se saak voorlopig uitgestel

Die man wat vroeër vanjaar op onder andere klagtes van verkragting gearresteer is, het weer in Witbank Landdroshof verskyn.

Die man wat vroeër vanjaar op onder andere klagtes van verkragting gearresteer is, het weer in Witbank Landdroshof verskyn.
Die 36-jarige man het op 28 Augustus verskyn en die saak is voorlopig teruggetrek tot die ondersoek afgehandel is.

Hy is op 12 Mei gearresteer nadat ’n 13-jarige dogter in sy woonstel gevind is.
Die dogter het haarself as ’n 17-jarige voorgegee en by die man ingetrek nadat sy van die huis af weggeloop het.
Die meisie se ouers het haar as vermis aangegee.

Twee klagtes van verkragting, ’n klag van ontvoering en ’n klag van abduksie van ’n minderjarige staar die man in die gesig.

As jy nie op hoogte is met die storie nie; lees meer hier:
13-jarige ‘vermiste’ dogter gevind
36-jarige behartig eie verdediging
36-jarige kry borg

Back to top button