CrimeNewsUpdate

Hamer- en panga aanvallers nog nie gevang nie

Die verdagtes wat ’n paartjie in Maart vanjaar by Pienaarsdam aangeval het, is steeds op vrye voet.

Polisiewoordvoerder Kapt Khanyisile Zwane het Dinsdag 9 September gesê hulle het al elke moontlike leidraad opgevolg maar die aanvallers bly hulle net een voor.

Kapt Zwane vra dat enige persoon met inligting oor die aanvallers die ondersoekbeampte a.o Tobias Mogadime moet skakel op 079 878 7941.
Een van die aanvallers is uitgeken aan die kenmerkende manier waarop hy sy slagoffers met ’n hamer slaan. Mduduzi Nkosi is al ’n bekende in die buurdorp. Hy het in Desember 2009 ontsnap terwyl hy verhoorafwagtend was op roofsake. Skaars 12 dae na sy ontsnapping word hy verbind met ‘n plaasaanval waar hy die slagoffer met ‘n hamer aangeval het. Op 22 Januarie is hy verbind met nog ‘n plaasaanval waartydens mnr. Johan Venter doodgeskiet en sy vrou Rentia ernstig gewond was.

Hy is in Carolina gevang, maar het die gereg weereens ontglip toe hy in 2013 uit die polisieselle in Middelburg ontsnap het.
Me. Rina Fourie het vertel na die aanval het haar lewe ingrypend verander.
“Die aanval op 7 Maart het die keerpunt van my lewe,” het sy beskryf.

Sy en haar verloofde, mnr. Deon van der Merwe was in die vroeë oggendure deur ses verdagtes in hul boshut by die gewilde ontspanningsoord aangeval.

Van der Merwe is met ’n vier-pond hamer geslaan en Fourie is met ’n panga gekap.

Vir die paartjie bly dit ’n lang emosionele pad na herstel.
“Die aanval het ons laat besef elke dag is ’n gawe van God,” het Fourie gesê.

Sy is besig om alles reg te kry want hulle verhuis binnekort na ’n nuwe blyplekkie.

Not familiar with the story? Read all the articles here:
Twee met pangas aangeval
Nkosi se skrikbewind duur voort
Hamer-man nog op vrye voet
Polisie het aanvaller nog nie kom skets nie
So lyk die panga-man

Back to top button