Local newsNewsUpdate

Soon in Top 25

Mnr. Suid-Afrika finalis, Soon Scheepers, is nou in die Top 25 van hierdie gesogte, landswye kompetisie.

Die aantreklike man van eMalahleni, wat al die meisies laat ‘swoon’, het reeds in 2013 die Top 20 in die Mnr. SA kompetisie behaal en mik hierdie jaar vir eerste plek! “Met harde werk en bystand van die mense om my, en die publiek, glo ek dat ek dit vanjaar kan maak en die titel huistoe kan bring,” het Soon gesê nadat hy die Top 50 gehaal het. Hy is nou nog meer opgewonde en sien uit na nuwe uitdagings wat hom nog nader aan dié titel sal bring.

“Ons het nou die ‘100 days online challenge’ wat my baie besig hou,” het Soon vertel en verduidelik dat die Mnr. SA kandidate daaglikse uitdagings kry wat hul dan in ’n dag se tyd moet voltooi – elke dag vir ’n honderd dae.
Die kompetisie is beslis straf, maar Soon bly possitief en meen dat hy net nog meer ondervinding hiermee kan opbou.

Soon gaan steeds voort met talle liefdadigheids projekte; insluitend ’n Rinoster Beskerming Projek, waarby die Mnr. SA kandidate grootliks betrokke geraak het.

Soon Scheepers.
Soon Scheepers.

Soon se volgende projek vir homself is om ook meer betrokke te raak by skole. Hy het baie ondersteuning by Hoër Tegniese Skool ontvang, waar hy beoog om een van hul sportbane te hernu. Soon vertel hy beplan ook ’n optrede waarna van die fondse na die skool sal gaan.
“Die fokus, hierdie jaar, is om veral die ‘Mr SA brand’ te bemark,” vertel Soon verder. Hy was onlangs ook by van die plaaslike skole waar hy kom praat het oor ‘Men of honour’ en wat dit vat om ’n kandidaat te wees wat sy land moet verteenwoordig.

“Ek voel baie sterk daaroor dat ek die jaar kan verder gaan as laas jaar. Ek kry nogals heelwat ondersteuning van die publiek – baie ondersteuning oorsee en ook van kunstenaars,” vertel Soon.
“Ek wil net weereens baie dankie sê aan almal wat my ondersteun en ’n bydra gemaak het om my hier te kry in die Top 25.”

Om te stem vir Soon as Mnr. SA sms MRSA 088 na 47439.
Besoek ook die Mnr. SA webtuiste.

Back to top button